Hoe om u IT12C opgawe te voltooi
INLEIDING
Enige ander dokumentasie wat betrekking het op inkomste ontvang of uitgawes wat u wil eis Hierdie gids is saamgestel om u behulpsaam te wees met die korrekte en volledige voltooiing van u persoonlike inkomste-Let asseblief daarop dat, alhoewel u die dokumentasie gaan gebruik om belastingopgawe (IT12C). 'n Omvattende gids is beskikbaar op die u opgawe te voltooi, GEEN dokumentasie aangeheg moet word SARS webwerf (www.sars.gov.za). Indien u hulp nodig het met die wanneer u die opgawe by SARS indien nie. U moet egter al die voltooiing van u belastingopgawe kan u u plaaslike SARS kantoor dokumentasie vir 'n tydperk van VYF jaar bewaar indien SARS dit sou besoek. U kan ook die plaaslike koerante raadpleeg om vas te stel by versoek. watter inkopie-sentrums, gemeenskapslokale of ander openbare plekke personeel beskikbaar sal wees om u te help. HET U DIE REGTE OPGAWE?
Om dit vir u makliker te maak het SARS hierdie jaar twee nuwe vereen-U MOET U OPGAWE VOLTOOI EN INDIEN OP OF VOOR voudigde opgawes beskikbaar gestel wat die vorige opgawes vervang. 31 OKTOBER 2007
Die IT12S is die standaard opgawe wat deur individue voltooi moet VOLTOOIING VAN DIE OPGAWE word wat 'n salaris en reistoelaag ontvang en wat aftrekkings soos Gebruik 'n swart of blou pen om die opgawe te voltooi en gebruik medies en uittredingannuïteitsfondsbydraes eis. drukskrif om binne die areas te skryf wat beskikbaar is. MOET NIE 'n streep deur die spasies trek wat nie van toepassing is nie. Die IT12C is die meer komplekse opgawe vir individue wat voorsiening maak vir addisionele inkomste van ander bronne soos kommissie- Moet asseblief nie korreksie ink gebruik as u 'n fout maak nie. U moet inkomste, huurinkomste, buitelandse inkomste, besigheidsinkomste, asseblief ook nie die opgawe vou nie, aangesien dit 'n vertraging in boerdery-inkomste en kapitaalwinstransaksies. die afhandeling van u aanslag sal veroorsaak.
BELANGRIK:
U moet alle toepaslike gedeeltes van die opgawe voltooi aangesien 'n Indien u 'n IT12C opgawe ontvang het, maar die inkomste en onvoltooide opgawe aan u terugestuur sal word en beskou sal word aftrekkings wat u verkry en aangegaan het vereis nie dat u 'n IT12C as nie ontvang nie. Dit kan daartoe lei dat boetes gehef word vir die opgawe moet voltooi nie, maar wel 'n IT12S opgawe, moet u nie 'n nie-indiening of laat-indiening van 'n opgawe. IT12S opgawe aanvra nie, maar die IT12C opgawe wat aan u uitgereik is voltooi en indien. Gebasser op die inligting wat u verklaar sal die Die volgende velde op die opgawe is verpligtend en moet deur u SARS stelsels gedurende die verwerking van u opgawe voltooi word: programmaties die data verander vir die uitreiking van die korrekte
U handtekening: Die opgawe is 'n bindende wettige verklaring opgawe in die volgende jaar. waarin u al u inkomste, belasting teruggehou en aftrekkings aandui. As u dit nie geteken het nie is dit waardeloos. Persoonlike besonderhede
ID nommer en/of paspoortnommer en u datum van geboorte.
Verifieer dat die gedrukte besonderhede korrek is. Indien nie,
Persoonlike besonderhede (Naam, adres, kontakbesonderhede moet u gebruik maak van die wit blokkies regs om die korrekte en huwelikstatus). inligting aan te dui.
Bankbesonderhede.
Huwelikstatus soos op 28 Februarie 2007: Merk die toepaslike
Inkomste ontvang selfs al het u geen inkomste ontvang nie moet "J" or "N" blokkie met 'n "X" en indien u getroud is moet u ook die gedeelte voltooi word deur 'n "0" (nul) as inkomste aan te dui.aandui of u binne of buite gemeenskap van goedere getroud is deur gebruik te maak van 'n "X".
OM TE BEGIN Om u opgawe te voltooi sal u die volgende dokumentasie nodig hê: Adresinligting
Bankbesonderhede.
Verifieer dat die gedrukte besonderhede korrek is. Indien nie,
U IRP5/IT3(a) sertifikate. moet u gebruik maak van die wit blokkies regs om die korrekte
Sertifikate van plaaslike rente-inkomste (indien van toepassing). inligting aan te dui.
Besonderhede van mediese uitgawes en eise (indien van toepassing). Werksadres
Sertifikate van bewys van betaling van uittredingannuïteits-
Voltooi die adres van u huidige werkgewer. fondsbydraes.
Indien u by meer as een werkgewer werksaam was gedurende
Inligting met betrekking tot reiskoste vir besigheidsdoeleindes die tydperk 1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007 moet u die (indien u 'n reistoelaag ontvang). inligting van u primêre werkgewer aandui - dit is waar u die
Inligting betrekking kapitaalwins transaksies. gewerk het. Indien nie werksaam is nie
Bankbesonderhede
Verifieer dat die gedrukte besonderhede korrek is. Indien nie, moet u gebruik maak van die wit blokkies regs om die korrekte inligting aan te dui.
Indien geen inligting in hierdie gedeelte gedruk is nie moet u al die toepaslike velde met die toepaslike inligting voltooi.
Elektroniese oorplasing van terugbetalings word gedoen deur gebruik te maak van die takkode en nie die naam van die bank nie. Om daardie rede hoef u dus nie die naam van die bank te voorsien nie.
Let wel: SARS reik slegs tjeks uit in buitengewone omstandighede en daarom moet u u bankbesonderhede voorsien om 'n terugbetaling te fasiliteer. Geen terugbetaling sal in die rekening van 'n derde party in betaal word nie.
Voorkeur metode van kontak
Dui u gekose voorkeur metode van kontak aan deur gebruik te maak van die syfers 1 tot 5. Die syfer 1 sal u eerste keuse wees terwyl 5 die laaste keuse sal verteenwoordig.
Besonderhede van belastingpraktisyn
Indien u van 'n belastingpraktisyn gebruik maak om u opgawe te voltooi sal die gedeelte deur dié persoon voltooi word.
INKOMSTE ONTVANG
Indien u inkomste verkry het wat op 'n IRP 5 / IT3(a) aangedui is moet u hierdie gedeelte van die opgawe voltooi soos hieronder geïllustreer.
INKOMSTE GEDEELTE van 'n IRP5 / IT3(a) sertifikaat Sou meer as agt verskillende bronkodes op u IRP5/IT3(a) sertifikate verskyn moet u die SARS Inbelsentrum by 0860 12 12 18 skakel om u behulpsaam te wees met die voltooiing van u opgawe.
INKOMSTEBRONNE
Salaris J 56,000
Jaarlikse betaling N 5,000
- Hierdie bedrag moet by die R100 000 wat op die IRP5 van werkgewer B verskyn, getel word.3605 -Hierdie bedrag moet by die R20 000 wat op die IRP5 van werkgewer B verskyn, getel word.
INKOMSTEBRONNE
Salaris J 100,000
Jaarlikse betaling N 20,000
Reistoelae N 40,000
Ander toelaes - belasbaar N 3,000
- Hierdie bedrag moet by die R56 000 wat op die IRP5 van werkgewer A verskyn, getel word.3605 -Hierdie bedrag moet by die R5 000 wat op die IRP5 van werkgewer A verskyn, getel word.
U opgawe sal dus as volg voltooi word:
Salaris J 100,000
Jaarlikse betaling N 20,000
Ander toelaes - belasbaar N 3,000
Verblyftoelaes - nie belasbaar N 1,000
Die kode in die eerste kolom verwys na die bron van u inkomste en die laaste kolom dui die bedrag ten opsigte van die bron aan. Die inligting in hierdie twee kolomme is die enigste inligting wat u gebruik vir die voltooiing van hierdie gedeelte. Indien u slegs een IRP5/IT3(a) ontvang het moet u die inligting soos hieronder geïllustreer voltooi.
Indien u egter meer as een IRP5/IT3(a) ontvang het moet u die bedrae teenoor die soortgelyke kodes bymekaar tel om te bepaal wat die bedrag is wat verklaar moet word soos hieronder geïllustreer.
000 + 20 000 Hierdie kodes verskyn slegs op een IRP5
Dieselfde proses moet gevolg word indien u in besit is van drie IRP5/IT3(a) sertifikate. Indien u meer as drie IRP5/IT3(a) sertifikate ontvang het moet u die getal sertifikate wat u ontvang het op bladsy 3 van die opgawe onder die opskrif "Addisionele inligting" invul. U moet voorts ook die betrokke skedule voltooi ten opsigte van die vierde en daaropvolgende sertifikate en saam met u opgawe indien. Die skedule is verkrygbaar op die SARS webwerf www.sars.gov.za of vanaf u plaaslike SARS kantoor. Die skedule maak voorsiening vir die verklaring van die SIBW en LBS inligting. Die inligting met betrekking tot die inkomste-items van die onderskeie IRP5/IT3(a) sertifikate moet egter bymekaar getel word soos geïllustreer in die voorbeeld hierbo.
Bruto uittredingfunderingsdiensinkomste
Die bedrae kan gevind word in die bruto besoldiging gedeelte van u IRP5 sertifikate.
Gebruik die bedrag teenoor die kode 3697 om hierdie veld te voltooi - indien u meer as een IRP5/IT3(a) sertifikaat ontvang het moet u al die bedrae teenoor die kode 3697 bymekaar tel om hierdie veld te voltooi.
Indien u IRP5/IT3(a) egter nie 'n bedrag teenoor die kode 3697 toon nie moet u vasstel watter bedrae word op die setifikaat teenoor die "J" in die UFD kolom getoon. Al hierdie bedrae moet bymekaar getel word om die veld te kan voltooi.
Beleggingsinkomste
Vir inkomstebelastingdoeleindes word inkomste ontvang as plaaslike rente, buitelandse rente en buitelandse dividende as beleggingsinkomste ingesluit. Plaaslike rente-inkomste moet op bladsy twee van u opgawe verklaar word, terwyl bladsy drie van die opgawe voorsiening maak vir die verklaring van buitelandse rente en buitelandse dividend inkomstes, indien van toepassing.
Om u belggingsinkomste te verklaar moet u as volg te werk gaan:
Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is
Tel die bedrae wat as plaaslike rente aangedui is ten opsigte van uself sowel as u gade bymekaar. U moet die totale bruto bedrag rente ontvang ten opsigte van uself en u gade verklaar - die vrygestelde gedeelte sal deur SARS bereken word. Herhaal hierdie proses ten opsigte van buitelandse rente asook buitelandse dividende. Onthou om ook enige buitelandse belastingkrediete ten opsigte van uself sowel as u gade bymekaar te tel en die totaal in die dienooreenkomstige velde op bladsy drie van u opgawe te voltooi. Die opgawe maak voorsiening om die buitelandse belastingkrediete ten opsigte van buitelandse rente en buitelandse dividende apart te verklaar.
Indien u ongetroud is of nie in gemeenskap van goedere getroud is nie
Tel die bedrae plaaslike rente wat u ontvang het bymekaar op die sertifikate deur u ontvang. Vul die die bruto bedrag rente ontvang in - die vrygestelde gedeelte sal deur SARS bereken word. Herhaal hierdie proses ten opsigte van buitelandse rente asook buitelandse dividende. Onthou om ook enige buitelandse belastingkrediete ten opsigte van uself sowel as u gade bymekaar te tel en die totaal in die dienooreenkomstige velde op bladsy drie van u opgawe te voltooi.
Bronkode van Hoofbron van Inkomste
Indien u salaris inkomste ontvang en dit u hoofbron van inkomste verteenwoordig moet u die onderstaande tabel gebruik om hierdie veld te voltooi. Indien salaris egter nie u hoofbron van inkomste verteenwoordig nie moet u die Bronkodeboekie op die SARS webwerf, www.sars.gov.za raadpleeg om vas te stel watter kode hier voltooi moet word.
Leer, leerprodukte en pelse (uitgesonderd skoeisel en klerasie)
Maatskaplike en verwante gemeenskapsdienste
Masjinerie en verwante items
Mediese, tandheelkundige, ander gesondheids- en veeartsenykundige dienste
Metaal
Metaalprodukte (uitgesonderd masjinerie en toerusting)
Mynwese en steengroefwerk
Navorsings- en wetenskaplike institute
Onderwysdienste
Ontspanning en kulturele dienste
Papier, drukwerk en uitgewery
Persoonlike en huishoudelike dienste
Publieke administrasie
Steenkool- en petroleumprodukte
Tekstielstowwe
Verversings en akkommodasie
Vervoer, opberging en kommunikasie
Vervoertoerusting (uitgesonderd motorvoertuie onderdele en toebehore)
Voedsel, drank en tabak
Voertuie, onderdele en toebehore
Direkteur van Maatskappy/Lid van beslote korporasie
Wetenskaplike, optiese en derglike toerusting
Let wel: Hierdie is die enigste gedeelte in die opgawe waar Rand en Sente gebruik word.
Om hierdie gedeelte te voltooi het u die IRP5/IT3(a) sertifikate nodig. Die opgawe maak voorsiening vir die verklaring van inligting ten opsigte van drie sertifikate.
Die volgende inligting moet in hierdie gedeelte voltooi word:
Indien u slegs een sertifikaat ontvang het moet u slegs een gedeelte in hierdie afdeling voltooi. U moet die IRP5/IT3(a) sertifikaatnommer invul wat aan die linkerkant bo op die sertifikaat verskyn. Indien u 'n duplikaatsertifikaat ontvang het sal u merk dat die sertifikaat twee sertifikaatnommers dra. Die een wat u moet invul is die nommer wat teenoor die oorspronklike sertifikaatnommer verskyn.
Die LBS verwysingsnommer is direk onder die sertifikaatnommer verskyn.
Die bruto inkomste verskyn teenoor die kode 3699 in die bruto besoldigingsgedeelte van die sertifikaat.
Die belastingberekeningsgedeelte van die sertifikaat dui die "periodes in jaar" sowel as die "periodes gewerk" aan. Indien die inligting nie beskikbaar is nie moet die velde oopgelos word.
Die bedrae teenoor die kodes 4101 en 4102 moet apart in die onderskeie blokkies vir SIBW -(kode 4101) en LBS -(kode 4102) op die opgawe ingevul word. Indien u 'n IT3(a) ontvang het sal daar geen aftrekkings as SIBW en LBS op die sertifikaat aangedui word nie. In die geval moet die velde oopgelos word.
MEDIESE AFTREKKINGS
Meld die getal lede en afhanklikes vir wie bydraes gemaak is.Die inligting wat verlang word verwys na die bydraes wat u aan die mediesefonds gemaak het ten opsigte van uself en ander persone (afhanklikes) wat deur die fonds gedek is, soos op 28 Februarie 2007. Die inligting verskyn normaalweg op die mediesestaat wat u vanaf die mediesefonds ontvang.
Het die aantal verander gedurende die jaar van aanslag?
Merk asseblief die "Ja" of "Nee" blokkie dienooreenkomstig.
Indien "JA" meld die getal lede en afhanklikes per maand
Voorsiening word gemaak vir al twaalf maande van die jaar wat begin by "M" vir Maart 2006.
Meld u mediesefondsbydraes
Bydraes wat deur u werkgewer namens u gemaak is sal teenoor die kode 4005 op u IRP5/IT3(a) sertifikaat verskyn.
Bydraes wat uself betaal het by wyse van tjek of debietorder op u bankrekening sal op die mediesefondsstaat verskyn.
Meld die kwalifiserende mediese uitgawes wat nie deur die fonds gedek is
Indien u aan 'n mediesefonds behoort sal die bedrag op u mediesefondsstaat verskyn. Dit is die bedrag wat, tesame met die bedrag vir uitgawes aangegaan wat u nie aan die mediesefonds vir betaling voorgelê het nie, gebruik moet word om hierdie veld te voltooi. Die bedrag vir spesiale afhanklikes kwalifiseer nie as 'n aftrekking nie en moet dus nie bygetel word nie.
Meld die werkgewer se bydraes
Die inligting sal teenoor die kode 4474 op u IRP5/IT3(a) sertifikaat verskyn.
Meld u uitgawes ten opsigte van liggaamsgebrek (nie van fonds verhaal nie)
Indien u, u gade of kind 'n liggaamsgebrek het moet die onkoste wat nie vanaf die mediesefonds verhaal is nie hier aangedui word.
Meld u uitgawes ten opsigte van gestremdheid n "Gestremde persoon" beteken 'n persoon wat blind is, 'n persoon wat doof is, 'n persoon wat as gevolg van 'n permanente gebrek 'n rystoel, loopyster of kruk benodig om te beweeg, of 'n persoon wat 'n kunsledemaat benodig. Dit sluit ook 'n persoon in wat aan 'n geestesongesteldheid ly -soos omskryf in die Wet op Geestesgesondheid.
Let wel: Verwys na die Omvattende gids, wat op die SARS webwerf www.sars.gov.za beskikbaar is, om vas te stel watter dokumentasie bewaar moet word vir 'n tydperk van vyf jaar om u eis te staaf.
AFTREEBYDRAES
Meld u pensioenfondsbydraes
Hierdie inligting verskyn op die IRP5/IT3(a) sertifikaat in die "Aftrekkings" gedeelte.
Lopende bydraes - Gebruik die bedrag teenoor kode 4001 op die sertifikaat.Agterstallige bydraes - Gebruik die bedrag teenoor kode 4002 op die sertifikaat."Non-Statutory Forces Pension Arrears" - Gebruik die bedrag teenoor kode 4026 op die sertifikaat.
Gebruik die bedrag wat op die sertifikaat, wat u vanaf die betrokke instansie aan wie die bydraes gemaak word ontvang het, om die veld te voltooi. Let asseblief daarop dat slegs bydraes wat gemaak word ten opsigte van 'n polis waarvan u die begunstigde is, gebruik mag word.
ANDER KWALIFISERENDE UITGAWES
Let wel: Raadpleeg die omvattende gids wat op die SARS webwerf www.sars gov.za beskikbaar is, om vas te stel watter dokumentasie bewaar moet word vir 'n tydperk van vyf jaar om u eis te staaf.
Ingevolge die Inkomstebelastingwet is daar slegs beperkte aftrekkings beskikbaar vir persone wat 'n salaris verdien. Sekere van hierdie aftrekkings soos pensioen en uittredingannuïteitsfondsbydraes is reeds in hierdie gids aangespreek. Die oorblywende aftrekkings wat kwalifiseer, mits die onkostes aangegaan is, is die volgende:
Verblyftoelae
Indien u 'n veblyftoelaag ontvang het wat teenoor kode 3704 op u IRP5/IT3(a) sertifikaat aangetoon is moet u die bedrag van u eis teenoor die kode 4017 op bladsy twee van die opgawe toon.
Indien u 'n veblyftoelaag ontvang het wat teenoor kode 3715 op u IRP5/IT3(a) sertifikaat aangetoon is moet u die bedrag van u eis teenoor die kode 4019 op bladsy drie van die opgawe toon.
Skenkings aan goedgekeurde Artikel 18A Openbare Weldaadsorganisasies
Gebruik die bedrag op die kwitansie wat u ontvang het. Onthou dat u slegs mag eis indien die kwitansie aandui dat dit uitgereik is ingevolge Artikel 18A van die Inkomstebelastingwet.
Inkomstebeskermingsbydraes
Indien u enige bydraes gemaak het om u inkomste te beskerm sal u 'n sertifikaat ontvang vanaf die instansie aan wie die bydraes gemaak is. Gebruik hierdie bedrag teenoor die kode 4018 op u opgawe.
Waardevermindering
Indien u 'n bate besit soos 'n rekenaar wat u verplig is om gereeld te gebruik in die uitvoering van u pligte sal u geregtig wees om waardevermindering op die bate te eis. Die berekende bedrag moet teenoor die kode 4027 op u opgawe aangedui word.
Tuiskantooronkoste
Indien u werksaam is en 'n salaris ontvang en deel van u dienskontrak bepaal dat u die koste moet dra vir die daarstelling en onderhoud van 'n tuiskantoor as 'n sentrale besigheidslokaal, sal u moontlik kwalifiseer vir 'n aftrekking in die verband.
Indien u oortuig is dat u geregtig is om 'n aftrekking te eis moet die volgende formule gebruik word in die berekening van u eis:
A / B x Totale koste, waar
A = die area in vierkante meter wat vir werksdoeleindes gebruik word
B = die totale area in vierkante meter (wat buitegeboue insluit asook die area wat vir werksdoeleindes gebruik word) van die woning
Totale koste = die totale koste aangegaan in die verkryging en onderhoud van die perseel, maar uitgesluit enige koste van 'n kapitale aard.
Ander uitgawes
U mag regskoste eis wat aangegaan is in verband met enige saak wat direk betrekking het op u vergoedingspakket, soos 'n CCMA eis, en waarvan die bedrag betaalbaar, kragtens 'n hofbevel, of in 'n skikking buite die hof, deel van belasbare inkomste sal verteenwoordig.
Slegte skuld of voorsiening vir slegte skuld
Die aankoopprys of kontantwaarde van die voertuig;
Vermindering van die byvoordeel vir die gebruik van 'n motorvoertuig
Die registrasienommer van die voertuig.
Uitgawes aangegaan deur 'n openbare ampsbekleër Let asseblief daarop dat SARS nie 'n berekening sal kan maak sonder die inligting hierbo vermeld nie, in welke geval u eis nie Indien u enige verdere inligting verlang raadpleeg u plaaslike SARS oorweeg sal word nie. kantoor of die Omvattende gids op die SARS webwerf www.sars.gov.za.. Reiskoste wat teen 'n toelaag geëis word kan op een van die volgende metodes bereken word.
UITGAWES AANGEGAAN IN DIE VOORTBRENGING VAN (i) Waar akkurate rekords van uitgawes bygehou is KOMMISSIE INKOMSTE Indien u van die metode gebruik wil maak moet u die lynitems onder Ingevolge die Inkomstebelastingwet sal uitgawes aangegaan beperk die hoof "Waar akkurate rekords van uitgawes gehou is" voltooi. word tot die uitgawes hierbo vermeld tensy die kommissie inkomste (ii) Waar geen rekords van uitgawes gehou is meer as 50% van die inkomste vanaf 'n betrokke bron Die vastekoste skaal sal in die geval gebruik word om die eis te verteenwoordig. Indien die kommissie inkomste wel meer as 50% bereken, indien u nie die lynitems ten opsigte van die werklike van inkomste verteenwoordig moet die betrokke uitgawes uitgawes voltooi het nie. aangegaan voltooi word in die toepaslike velde waarvoor daar op bladsy twee van die opgawe voorsiening gemaak word. Indien daar BUITELANDSE INKOMSTE nie voorsiening gemaak word vir 'n spesifieke uitgawe aangegaan nie (uitgesluit kapitaalwinstransaksies) moet die bedrae ten opsigte van sulke items bymekaar getel word en as "ander" uitgawes aangedui word. Alle buitelandse inkomste moet verklaar word in Suid-Afrikaanse Indien enige reisuitgawes aangegaan is ter voortbrenging van u geldeenheid. Vir verdere inligting raadpleeg die Omvattende gids kommissieinkomste, en u het nie 'n reistoelaag ontvang nie, moet u u beskikbaar op die SARS webwerf www.sars.gov.za reisuitgawes bereken gebaseer op werklike uitgawes en die bedrag van u eis op bladsy drie van die opgawe onder die opskrif "Ander Hierdie gedeelte is in drie dele ingedeel maar sluit kapitaalwins kwalifiserende uitgawes" teenoor die kode 4015 invul. transaksies uit. Alle stawende dokumentasie moet vir 'n tydperk van vyf jaar bewaar word indien SARS dit sou aanvra. Die eerste gedeelte moet u gebruik vir die verklaring van enige buitelandse rente en buitelandse dividend inkomstes. Verwys REISKOSTE AANGEGAAN TEEN 'N REISTOELAAG asseblief na die paragraaf in hierdie gids wat beleggingsinkomste U mag slegs vir reiskoste eis indien die IRP5/IT3(a) sertifikaat aandui aanspreek. Geliewe te let dat die bruto bedrae verklaar moet word dat u 'n reistoelaag ontvang het. 'n Reistoelaag sal op die sertifikaat aangesien die 50% verdeling, indien u binne gemeenskap van teenoor die kode 3701 en/of 3702 aangedui word. Indien u van meer goedere getroud is, deur SARS gedoen sal word. Dieselfde geld ook as twee voertuie gebruik maak om u eis te bereken moet u die vir die verklaring van enige buitelandse belastingkrediete. hoeveelheid voertuie wat u gebruik het teenoor die vraag in die "Addisionele inligting" gedeelte op bladsy drie van u opgawe aandui. U moet voorts ook die skedule wat op die SARS webwerf Die tweede gedeelte maak voorsiening vir die voltooing van enige www.sars.gov.za beskikbaar is aflaai of dit vanaf u plaaslike SARS ander buitelandse inkomste verkry soos buitelandse boerdery kantoor verkry, om dit ten opsigte van die derde en daaropvolgende bedrywighede en buitelandse handelsbedrywighede. voertuie te voltooi. Die voltooide skedule moet aan u opgawe geheg word. Indien u die opgawe elektronies voltooi sal die skedule Let asseblief daarop dat slegs winste verkry vanaf Beheerde elektronies beskikbaar gestel word. Buitelandse Maatskappye (BBM) verklaar moet word. Verliese word per BBM omhein.
Het u van ritstate gebruik gemaak?
U het die keuse om die reiskoste te bereken gebaseer op werklike Die derde gedeelte maak voorsiening vir buitelandse belasting­kilometers afgelê, of u kan van die geagte kilometers, waarvoor die krediete. Die 50% verdeling indien u binne gemeenskap van goedere Inkomstebelastingwet voorsiening maak, gebruik maak. U moet in getroud is sal deur SARS toegepas word en dus moet die bruto besit wees van volledig voltooide ritstate indien u werklike kilometers bedrae verklaar word. wil gebruik. As u nie op die opgawe aan dui dat u werklike kilometers wil gebruik nie, sal die berekening gemaak word deur gebruik te maak Dui aan of u verkies om op die netto buitelandse dividend belas te word van die geagte kilometers. Die geagte kilometers, ingevolge die deur die toepaslike blokkie met 'n "X" te merk. Indien "J" sal die buitelandse Inkomstebelastingwet, bepaal dat die eerste 18 000 kilometers afgelê belastingkrediete, indien van toepassing, nie oorweeg word nie. beskou sal word as privaat kilometers. In die berekening van die eis sal die totale kilometers voorts ook tot 32 000 kilometers beperk word. KAPITAALWINS/VERLIES
Die minimum inligting wat in u ritstate vervat moet word is die volgende: Alle kapitaalwinstransaksies moet hier aangedui word. Die opgawe
Die datum waarop u gereis het; maak voorsiening dat plaaslike en buitelandse transaksies apart
Die bestemming na en vanaf; verklaar moet word. Enige toepaslike buitelandse krediete moet ook
Die kilometers afgelê; hier aangedui word.
Die rede vir die reis.
n Belasting of kapitaalwins(BKW)-gebeurtenis word voorafgegaan Berekening van u reiskoste deur die beskikking oor 'n bate. Tensy so 'n beskikking of geagte Ten einde SARS in staat te stel om u eis te bereken is dit nodig dat u beskikking plaasvind / voorkom, ontstaan geen wins of verlies nie. die volgende inligting voorsien: BKW is van toepassing op alle bates waaroor voor of op 1 Oktober
Die begin en einddatum waarop die voertuig gebruik is; 2001 (waardasiedatum) beskik is. Slegs die wins of verlies wat vanaf
Die begin en eindkilometerlesings; 1 Oktober 2001 tot datum van beskikking toegeval het, sal binne die
n Bate word so wyd as moontlik gedefinieer en sluit enige Voorbeeld: 'n Belastingpligtige koop 'n woonhuis (primêre woning)
eiendom in van watter aard ookal, asook enige belang daarin. in 2002 vir die bedrag van R1 miljoen. Hy verkoop die woning vir 'n bedrag van R2.8 miljoen. Die wins moet as volg bereken word.
n Beskikking dek enige gebeurtenis, daad, toegeeflikheid of Opbrengs R2 800 000 werking van die reg, wat die skepping, wysiging, oordrag, of Basiskoste -R1 000 000 vernietiging van 'n bate tot gevolg het. Dit sluit ook sekere Primêre woning uitsluiting -R1 500 000 gebeurtenisse in wat as beskikkings behandel word, soos die Berekende wins = R 300 000 verandering in die gebruik van 'n bate. Paragraaf 65 en 66 van die Agste Bylae tot die Inkomstebelastingwet maak voorsiening Tel al die bedrae ten opsigte van die plaaslike winste bymekaar soos om 'n keuse uit te oefen vir belastingverligting ten opsigte van bereken in kolom vier van die tabel. Indien u enige verliese gehad onvrywillige beskikkings op of na 22 Desember 2003. Vir meer het moet die verliese ook bymekaar getel word en dan moet die inligting in die verband kan u die "Explanatory Memoranda on the winste teen die verliese afgesit word om die totale wins of verlies te Revenue Laws Amendment Bill 71 of 2003", wat beskikbaar is bepaal. Die totale plaaslike wins of verlies moet langs kode 4250 of op die SARS webwerf www.sars.gov.za, raadpleeg. 4251 voltooi word. Op dieselfde manier moet die totale wins of verlies ten opsigte van buitelandse winste of verliese bepaal word. Die totale
Sodra beskik is oor 'n bate konstitueer / vorm die bedrag wat buitelandse wins of verlies moet by kode 4252 of 5253 ingevul word.
ontvang is of toegeval het die opbrengs van die beskikking. Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is, moet die
Die basiskoste van die bate is gewoonlik die onkoste werklik berekende wins of verlies ten opsigte van uself en u gade bymekaar aangegaan in die verkryging van die bate tesame met uitgawes getel word aangesien SARS die 50% verdeling sal toepas. wat direk verband hou met die verbetering, en direkte kostes in verband met die aanskaffing en beskikking, en sekere Indien u ongetroud of buite gemeenskap van goedere getroud is, eiendomskostes. Die basiskostes sluit nie enige bedrae in wat moet u slegs die winste of verliese ten opsigte van uself verklaar. andersins toegelaat is as 'n aftrekking vir inkomstebelasting­doeleindes nie. Gedurende die aanslag proses sal SARS die gedeelte wat by belasbare inkomste ingesluit moet word bereken. U moet dus die Hoe word die basiskoste van 'n bate wat op 1 Oktober 2001 totale wins of verlies verklaar. reeds in u besit was, bereken?
Ten einde die gedeelte van die wins wat betrekking het op die periode Vir verdere inligting raadpleeg die Omvattende gids bekikbaar op die voor 1 Oktober 2001 uit te sluit, kan enige van die volgende metodes SARS webwerf www.sars.gov.za.
gebruik word:
% van die opbrengs by beskikking sal as die basiskoste geag ANDER PLAASLIKE ONTVANGSTES EN TOEVALLINGS word (geen rekords beskikbaar en markwaarde kan nie bepaal In hierdie gedeelte moet u enige plaaslike inkomste waarvoor hierdie word nie); OF opgawe nie spesifiek voorsiening maak nie, soos tantieme, aantoon.
Markwaarde van die bate soos op 1 Oktober 2001 (die "waardasiedatum"); OF Let asseblief daarop dat indien u enige inkomste as begunstigde van
Tydtoedelingsmetode. 'n trust ontvang het dat daardie inkomste die identiteit behou van die bron waaruit die inkomste oorspronklik ontvang is. Enige sodanige Voorskrifte vir waardasiesertifikate inkomste moet dus verklaar word asof dit direk verky is vanaf die Sou die basiskoste op markwaarde gebaseer word moet die oorspronklike bron daarvan. waardasiesertifikate, ingesluit sertifikate ten opsigte van ontasbare bates wat R1 miljoen oorskry, ongelyste bates wat R10 miljoen U moet voorts ook aandui of u enige inkomste vanuit boerdery oorskry en alle ander bates wat R10 miljoen oorskry, wat verkry is, bedrywighede ontvang het deur die toepaslike "J" of "N" blokkie te bewaar word vir 'n tydperk van vyf jaar na die datum van indiening merk. Indien u wel inkomste uit boerdery bedrywighede ontvang het van die opgawe waarin die beskikking van sodanige bate verklaar moet u die boerdery skedule op bladsy 5 van hierdie opgawe voltooi. word. Indien u inkomste van boedery bedrywighede ontvang het en die opgawe wat u ontvang het het nie 'n vyfde bladsy wat voorsiening Berekening van die totale kapitaal wins/verlies maak vir die boerdery skedule nie, moet u so 'n boedery skedule Gebruik die onderstaande tabel om al die opbrengste van die bates bekom deur dit af te laai van die SARS webwerf, www.sars.gov.za of waaroor beskik is asook die basis koste aan te dui. Die verskil sal of vanaf u plaaslike SARS kantoor. die wins of die verlies veteenwoordig wat in die laaste kolom ingevul moet word. Indien die bate egter verwys na 'n primêre woning kan die ANDER KWALIFISERENDE UITGAWES uitsluitingskolom gebruik word om die R1.5 miljoen primêre woning In hierdie gedeelte moet u die bedrag uitgawes wat u bereken het uitsluiting af te trek om die wins of verlies te bepaal. Let asseblief teen 'n buitelandse verblyftoelaag aandui. Die toelaag sal teenoor daarop dat die primêre woning uitsluiting van toepassing is op winste kode 3715 op u IRP5 sertifikaat verskyn. Die bedrag wat u eis moet sowel as verliese. by kode 4019 op die opgawe voltooi word.
Die volgende tabel kan gebruik word om u behulpsaam te wees met die berekening van die totale kapitaalwins/verlies
Opbrengs Basiskoste Uitsluitings (behalwe jaarlikse uitsluiting) Kapitaalwins / verlies
In hierdie gedeelte moet u ook die bedrag van u eis ten opsigte van OMHEINING VAN SEKERE VERLIESE reiskoste eis wat u aangegaan het indien u nie 'n reistoelaag ontvang Vanaf die 2005 jaar van aanslag maak Artikel 20A van die het nie. Die bedrag bereken moet by kode 4017 ingevul word. Inkomstebelastingwet voorsiening daarvoor dat sekere vasgestelde verliese van individue, onderhewig aan sekere toetse, slegs teen DIREKTEURE/LEDE VAN BESLOTE KORPORASIES inkomste vanuit die spesifieke bron afgesit kan word. Dui aan of u 'n direkteur van 'n maatskappy of 'n lid van 'n beslote korporasie is deur die "J" of "N" blokkie met 'n "X" te merk. Let asseblief 'n Voorvereiste vir die toepassing van Artikel 20A is dat, in die jaar van daarop dat indien u die "J" blokkie gemerk het moet u ook die staat aanslag waarin die omheining die eerste keer toegepas word, die van bates en laste op bladsy drie van die opgawe voltooi. belastingpligtige se belasbare inkomste voor die verrekening van enige vasgestelde verlies uit die beoefening van enige bedryf gedurende daardie jaar van aanslag gely en die balans van 'n INLIGTING - AFTREKKINGS EN TOELAES vasgestelde verlies wat van die voorafgaande jaar vorentoe gedra is gelyk is aan, of meer is as die bedrag waarop die maksimum Navorsing en Ontwikkeling - Art. 11D marginale skaal van belasting vir individue hefbaar is. Ten opsigte Dui aan of u die dokumentasie soos versoek deur die Departement van die 2007 jaar van aanslag is die maksimum marginale skaal van Wetenskap en Tegnologie ingedien het deur die toepaslike "J" of hefbaar op belasbare inkomste wat R400 000 oorskry. "N" blokkie met 'n "X" te merk.
In die geval van die geïdentifiseerde bedrywe, soos gelys in Leerlingooreenkomste - Art. 12H Artikel 20A (b) van die Inkomstebelastingwet, kan die potensïele Dui die hoeveelhede leerlinge aan vir wie toelaes geëis is ten opsigte omheining van vasgestelde verliese reeds vanaf die 2005 jaar van van: aanslag toegepas word, tensy die 'feite-en-omstandigheids-toets'
Leerlingooreenkomste geregistreerd; en/of aandui dat dit 'n geregverdigde bedryf is.
Leerlingooreenkomste voltooid.
Die "drie-uit-vyf-jaar" reël het betrekking op alle bedrywe wat nie Stedelike ontwikkelingsones - Art. 13quat ingesluit is by die lys van geïdentifiseerde bedrywe nie. Die huidige Dui die totale koste aangegaan aan ten opsigte van geboue wat jaar van aanslag moet in berekening gebring word met die gedurende die tydperk 1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007 in gebruik toepassing van die "drie-uit-vyf-jaar" reël. Vasgestelde verliese gely geneem is. ten opsigte van bedrywe wat nie geïdentifiseer is nie, kan dus potensieel vanaf die 2007 jaar van aanslag omhein word ingevolge ADDISIONELE VERKLARINGS Artikel 20A (a). Dit sal gebeur indien die spesifieke bedryf vir drie Indien u die volgende ontvang het: agtereenvolgende jare, beginnende in die 2005 jaar van aanslag, 'n
Meer as drie IRP5/IT3(a) sertifikate; en/of vasgestelde verlies ly. Die omheining kan egter uitgestel word as die
Meer as twee voertuie gebruik het om u reiskoste te bereken wat u bedryf 'n wins sou realiseer in enige van die jare waarna in die teen u reistoelaag wil eis; en/of voorafgaande sin verwys word.
Indien u besigheids-, bedryfs-, professionele of huurinkomste ontvang het vanaf meer as twee bronne en u beskou nie die Ten opsigte van beide die geïdentifiseerde, sowel as die bogenoemde inkomste asof ontvang vanaf 'n enkel bron nie; bedrywe, kan die omheining van die vasgestelde verlies voorkom word is dit noodsaaklik dat u hierdie deel op bladsy drie van die opgawe in terme van subartikel wat voorsiening maak vir 'n voltooi. ontsnappingsroete ingevolge waarvan die belastingpligtige kan bewys dat die betrokke bedryf 'n besigheid daarstel ten opsigte waarvan daar 'n U moet voorts ook die nodige skedules verkry vanaf die SARS redelike vooruitsig is om belasbare inkomste binne 'n redelike tydperk te webwerf www.sars.gov.za of u plaaslike SARS kantoor. Die voltooide verdien. Meer inligting aangaande die faktore wat spesifiek in ag skedules moet aan u opgawe geheg word om te verhoed dat u geneem sal word, is beskikbaar in die Omvattende gids wat beskikbaar opgawe as onvolledig beskou sal word. Indien u u opgawe elektronies is op die SARS webwerf www.sars.gov.za of deur die SARS voltooi sal die opgawe elektronies beskikbaar wees. Inbelsentrum te skakel by 0860 12 12 18. Die gids sal voorts ook aandui watter dokumentasie bewaar moet word vir 'n tydperk van vyf jaar. STAAT VAN BATES EN LASTE Indien u 'n direkteur van 'n maatskappy of 'n lid van 'n beslote Beskrywing: korporasie is, of indien u inkomste ontvang het vanaf bedryfs, Die beskrywing ten opsigte van elke bedryf moet apart getoon word professionele of boerdery bedrywighede, moet u al die lynitems ten tensy die bedrywe as 'n enkelbedryf beskou word in welke geval die opsigte van plaaslike bates en laste voltooi. U moet ook die totale beskrywing wat betrekking het op die enkelbedryf voltooi moet word. buitelandse bates en laste aandui.
Unieke identifikasienommer: BESIGHEID, BEDRYFS- EN PROFESSIONELE INKOMSTE Indien u inkomste vanuit 'n spesifieke bedryf of 'n enkelbedryf verkry (huurinkomste ingesluit) wat reeds in u 2006 of 2005 opgawe verklaar was, sou 'n unieke Sou u inkomste ontvang van meer as een aktiwiteit/bate en u beskou identifikasienommer reeds aan die bedryf of bedrywe toegeken die aktiwiteite as een bedryf, moet u slegs een kolom voltooi met die wees. Hierdie unieke identifikasienommer kan verkry word op die toepaslike inligting. aanslagkennisgewing (IT34) ten opsigte van die betrokke jaar van aanslag of deur die SARS Inbelsentrum te skakel by 0860 12 12 18. Indien u egter die inkomste wat u ontvang het beskou as afkomstig Dié unieke identifikasienommer moet in die veld op die opgawe van verskillende bedrywe, moet u die inligting met betrekking tot elke voltooi word. Wanneer u die unieke identifikasienommer op die bedryf afsonderlik verklaar. Bladsy vier van die opgawe maak egter opgawe invul moet u die eerste twee "00" syfers ignoreer. Indien slegs voorsiening vir twee bedrywe. U moet dus ten opsigte van inkomste vir die eerste keer verkry word uit bedryfsaktiwiteite of die meer as twee bedrywe die nodige skedules voltooi en saam met u verhuring van 'n eiendom / bate, moet die kolom oopgelos word opgawe indien. Die skedules is per bedryf beskikbaar op die SARS aangesien 'n unieke identifikasienommer op aanslag programmaties webwerf www.sars.gov.za. deur SARS geskep en toegeken sal word.
Inkomste en uitgawes
Voltooi al die betrokke lynitems deur die inligting te gebruik wat in die finansiële state opgeteken is. Waar daar nie spesifiek vir items voorsiening gemaak word nie moet u sulke bedrae bymekaar tel en by die lynitem wat vir "ander" voorsiening maak, invul.
Bereken die aansuiwerings wat vir belastingdoeleindes aangebring moet word en voltooi die toepaslike lynitems per bedryf. Waar daar nie spesifiek vir items voorsiening gemaak word nie moet u sulke bedrae bymekaar tel en by die lynitem wat vir "ander" voorsiening maak, invul.
Belasbare wins/verlies
Bereken die bedrag wins of verlies wat by belasbare inkomste ingesluit moet word. In die geval van `n vennootskap moet die wins of verlies van die vennootskap aangedui word sowel as die persentasie verdeling en SARS sal programmaties die korrekte wins-/ verliesdeling by u belasbare inkomste insluit. Dui die bronkode aan wat betrekking het op die spesifieke tipe van bedryf. Dit is belangrik dat die korrekte bronkode gebruik word om te verseker dat die aanslag korrek bereken word. Die bronkodes kan verkry word in die Bronkodeboekie beskikbaar op die SARS webwerf www.sars.gov.za of in die onderstaande lys van geïdentifiseerde bedrywe.
Verlies: Sport 4281
Wins: Versamelstukke 4282
Verlies: Versamelstukke 4283
Wins: Diereskouing 4284
Verlies: Diereskouing 4285
Wins: Dobbel 4286
Verlies: Dobbel 4287
Wins: Verhuring van bote 2428
Verlies: Verhuring van bote 2429
Wins: Verhuring van trokke / motors / ens. 2408
Verlies: Verhuring van trokke / motors / ens. 2409
Wins: Skrywer / komponis / kunstenaar 3110
Verlies: Skrywer / komponis / kunstenaar 3111
Wins: Verhuring van vliegtuig 2416
Verlies: Verhuring van vliegtuig 2417
U moet aandui of u van mening is dat die verlies buite rekening gelaat moet word (omhein word) in die berekening van u belastingaanspreeklikheid. Lees asseblief die vraag sorgvuldig en dui dan aan of die verlies buite rekening gelaat moet word in die berekening van u belasbare inkomste deur die toepaslike "J" of "N" blokkie te merk. Indien u "JA" sou antwoord sal die verlies nie in aanmerking geneem word by die vasstelling van u belasbare inkomste nie. Sou u aandui dat die verlies nie omhein moet word nie, sal u u besluit moet staaf deur die dokumentasie, waarna die paragraaf "Feite en omstandighede" in die Omvattende gids verwys voor te berei en te bewaar indien SARS daarom dit sou versoek. Die dokumentasie moet gebaseer word op die feite wat spesifiek in hierdie verband aangespreek word.
Boerderybedrywighede
Dui aan of u deel in 'n boerdery vennootsakp deur met 'n "X" die toepaslike "J" of "N" blokkie te merk. Indien wel, moet u aandui in hoeveel boerdery vennootskappe u deel en 'n IT48V ten opsigte van elke vennootskap voltooi en aan u opgawe heg. Die IT48V kan verkry word op die SARS webwerf www.sars.gov.za of vanaf u plaaslike SARS kantoor. Indien u die opgawe elektronies voltooi kan die IT48V elektronies verkry word.
PERSOONLIKE BOERDERYBEDRYWIGHEDE
Beskrywing
A beskrywing/naam wat betrekking het op u persoonlike boerdery bedrywighede moet voltooi word.
Unieke identifikasienommer
Indien u inkomste vanuit boerderybedrywighede wat reeds in u 2006 of 2005 opgawe verklaar was sou 'n unieke identifikasienommer reeds aan die bedryf of bedrywe toegeken wees. Hierdie unieke identifikasienommer kan verkry word op die aanslagkennisgewing (IT34) ten opsigte van die betrokke jaar van aanslag, of deur die SARS Inbelsentrum te skakel by 0860 12 12 18. Dié unieke identifikasienommer moet in die veld op die opgawe voltooi word. Wanneer u die unieke identifikasienommer op die opgawe invul moet u die eerste twee "00" syfers ignoreer. Indien inkomste vir die eerste keer verkry word uit bedryfsaktiwiteite of die verhuring van 'n eiendom / bate moet die kolom oopgelaat word aangesien 'n unieke identifikasienommer op aanslag programmaties deur SARS geskep en toegeken sal word.
Gebruik u finansiële state om die betrokke velde op die IT48 te voltooi. Waar die IT48 verwys na balanse wat oorgedra is kan die inligting verky word vanaf die IT48 wat saam met u belastingkennisgewing (IT34) aan u gestuur was. Die SARS Inbel sentrum by telefoonnommer 0860 12 12 18 kan u ook behulpsaam wees met die verkryging van die inligting.
Keuse van gemiddelde koers en waardes van lewende hawe
Indien u nog nie 'n keuse in die verband uitgeoefen het nie en u wil so 'n keuse uitoefen moet die "Keuse vir waardes van lewende hawe" en/of die "Keuse vir die aanvaarding van genivilleerde skale van normale belasting", vekrygbaar in die Omvattende gids op die SARS webwerf www.sars.gov.za, verkry word en bewaar word indien SARS dit sou aanvra.
KIES EEN VAN DIE VOLGENDE MANIERE OM U OPGAWE BY SARS IN TE DIEN
Elektronies
Deur gebruik te maak van die koevert wat by u opgawe ingesluit was, kan u die opgawe aan SARS pos.
Per hand inhandig
Alle kantore van SARS het 'n posbus beskikbaar waarin die voltooide opgawe geplaas kan word.
